Tuesday, November 06, 2007
Games is tydmors - Games are a waste of time
Ek kan nie besluit of ek vandag gelewe het met “die lewe is kort” of “die lewe is lank” as my motief nie. Jy sien, ek het omtrent heeldag voor die TV gesit en games speel. Die trend in games deesdae is om vir jou te wys hoe lank jy al gespeel het daaraan, (byvoorbeeld, 7 ure in totaal) en my syfers vandag het my so bietjie ongemaklik gemaak. Dis ‘n lang tyd. Daar is ander games wat ek weet drie volle dae elk in my lewensgeskiedenis opmaak.
Mens voel tog nie jy het jou tyd gemors as jy ‘n goeie fliek gekyk het nie. Waarskynlik het jy iets geleer, of iets verstaan vir die eerste keer. Maar games leer mens selde sulke “truths” van ons emosionele landskap.
Wat (goeie) games wel doen, is om ‘n reeks uitdagings voor jou te stel. Streng gesproke is die loon vir sukses niks nie. Jy het gewen, so what? Maar die gym ook is niks meer as ‘n plek waar mense fisiese uitdagings vir hulself stel nie. Hoekom? Jy verbeter jouself: die volgende keer kan hulle strawwer gestel word, binne of buite die gym.
Ek is nie een om my geheue, reflekse of probleemoplossingsvaardighede dikwels te probeer oefen nie. Maar as ek ‘n goeie game speel, gebeur dit vanself. Daar is inspanning, daarbo in my kop. Dit kan tog nie ‘n slegte ding wees nie. Ek word baie meer uitgedaag deur my games as deur die nuutste Huisgenoot.
Maar as mens terug gaan na die lone van sukses, kan ons onderskei tussen virtuele lone (so te sê immateriëel) en werklike lone. Die virtuele loon om ‘n game klaar te maak is dikwels iets verreikend en fantasties, tipies dat die wêreld gered word van bose magte. As jou verbeelding saamspeel, as jy jou ongeloof kan toesmeer met fantasie, dan word die virtuele lone van sukses beide oortuigend en belangrik vir jou as speler. Wen jy dan die game, het jy ‘n avontuur meegemaak, veel meer as net ‘n dinkskrum.
Jou virtuele geskiedenis skakel dan in by jou egte geskiedenis, dit word deel van jou storie omdat jy daarin geglo het en dit vir jou sin gemaak het. Jy was daar. Dit was pret.
Ek is een van daai wat omgee en glo waarin ek speel. Dit meen seker my dag was nie ‘n mors van tyd nie.
is gaming nie ook 'n rigting waarin jy dink om in te gaan nie? dan is 'n dag wat jy solely daaraan spandeer tog sekerlik nie gemors nie-
arcadia
hey niel!nogals freaky jou in afrikaans te lees skryf, maar cool!en hoe gaan met die game design mission?jy al hier naby my?
star dust
jou afrikaans is amazing.
*sparkly eyed awe*
Dis slegs nie 'n mors van tyd, as die game goed is.
maar, as die game disappointing is - bleh.
i have saved many civilizations and entire villages in my time.
^_^
i'm a compassionate, brave and intellectually devious individual!
huzzah for honour, valour and dedication!
morbidneko
Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.
Post a Comment

We like texture | Template by Gecko & Fly;
Extracts to be credited, please.